Die bubbel het gebars!

2 Mar

Goed, so hier sit ek nou, my eerste dag by die skool!  Ek weet nie mooi wat om te doen nie so ek hang nou maar net hier in die kantoor!  Dit voel alles soos een groot mengelmoes van wtf!!  So die afgelope naweek was my eerste dae in Daegu!  Dit was een groot skok om die minste te se!  Die bubble het amptelik gebars!  As ek nou terugdink aan hoe ek vrydag aand gevoel het, het ek seker bietjie oorreageer!  Maar nou ja ‘n mens mag bitch! 

Ons het vrydag van Seongnam met ‘n bus na Daegu vertrek en net meer as drie ure later was ons daar.  Ons het omtrent ‘n uur lank in die stad rondgery want daar was vrek baie verkeer.  Op hierdie stadium maak dit geen verskil aan my waar in Korea ek is nie want alle hier lyk dieselfde!  Die stad stink!  Dit is ‘n reuk wat my ‘n hele tydjie gaan vat om aan gewoond te raak!  So toe kom ons nou by die kantoor aan waar almal se co-teachers vir ons wag.  Voel behoorlik soos die aankoms saal van die lughawe, almal het wit papiere in hul hande met name daarop.  Ek spoor toe my naam op, moeilik om te mis: CHRISTOFFEL DE WIT. Kry my bagasie en laai dit in my co teacher se kar, en so tussen deur alles probeer ek vir Nicola te kry om haar te groet!  Ons is oppad.  Dit het meer as ‘n uur gevat om by my woonstel te kom!  En nie omdat dit so ver is nie maar die verkeer en die blote feit dat my co teacher net glad nie ‘n idée gehad het waar my woonstel was nie!  Kom toe daar aan in wat vir my dadelik voorkom as ‘n baie verdagte stegie.  En weereens die stang van dreine!  My woonstel is op die 4de vloer en daar is geen lift nie!  So op met die trappe met my kolosale tas!  En daar gaan die deur oop.  In korea word mens gereeld gese om geen verwagtinge te he nie en ek het nie, maar tog sekerlik in mens se onderbewussyn was daar ‘n graantjie van hoop.  Daardie hoop is blits vinnig die pad gewys!  My woonstel is ‘n kamer.  Een vierkantige area wat net groot genoeg is vir ‘n bed, yskas, lessenaar en stoel en kas!  Maar die snaakste van alles is dat nie een van die bogenoemde in die woonstel was nie.  So word ek ingelig dat ek nie ‘n bed het nie en dat hulle later vir my een sal kry.  Ek is so donners kwaad ek kan pop, maar ek doen nie.  Ek is te moeg om te pop!  So gooi ek toe maar my tasse neer en volg my co teacher, Ons is in die kar, ek hoor dat ons nou by my skool is maar ek kan nie omgee nie.  Ek hoor ons gaan winkel toe maar wat help dit ek gaan koop ‘n duvet as ek nie ‘n freakin bed het om dit op te sit nie!  Ek sms vir Nicola en hoor waar hulle is.  Op een of ander manier kry ons dit toe reg dar haar co teacher haar ook home plus toe bring waar ons aandete geeet het!  Nicola het nie ‘n woonstel nie!  Hulle het net glad nie vir haar een gereel nie.  Hulle probeer om haar te oorreed om ‘n homestay te doen waar sy by een van die kinders in die skool sal gaan bly.  Wat se kak is dit!!!!!  Dit werk mos nie so nie, ons het kontrakte geteken. Elk geval ons oorreed toe die twee co teachers dat dit beter is as Nicola by oorslaap totdat hulle vir haar ‘n plek kry – gevolglik is sy steeds by my!  Dit bring my by my punt.  Die hele week by die orientasie is daar vir ons gepreek hoe belangrik eerste indrukke in korea is en dat ons altyd op ons beste moet wees.  Maar tel dieselfde dan nie vir hulle nie.  As eerste indrukke dan so belangrik was hoekom het hulle nie moeite gedoen met ons nie.  My woonstel is die kleinste van die lot hier in Daegu onder die ander engelse onderwysers en Nicola het net soos in glad nie een nie.  Ek het nie ‘n bed nie en moet op die vloer slaap.  My co teacher vra of dit ok is as ek op die grond slaap en ek se toe maar dat ek seker nie ‘n keuse het nie!  Ek vra toe sommer of sy ook op die grond slaap!  Flip!  En my woonstel was sooooo vuil.  Daar was ou kos stuck in die yskas en die vloer was pik swart van die stof.  Dit het my die hele sondag gevat om my klein kamertjie van ‘n woonstel skoon te maak.    

So toe daarnaa moes ons iets gaan drink.  Heel gerieflik is daar toe ‘n hof/pub in my straat so toe gaan verdrink ons maar die sorge!!!  Di was nodig.  Op een of ander wonderbaarlike manier het ons vriendin Diane wat ook van die EPIK orientasie af gekom het ons opgespoor!  Ons het lekker gekuier. 

Saterdag het ons maar in die dorp gaan rondloop om n paar goedjies te koop. Saterdag aand het ons almal van die EPIK orientation in Downtown ontmoet by Who’s Bob en lekker gekuier!  Ons het beer pong gespeel en heeltemal gesuck!

Aaaahhhh noe voel ek beter!  Mens moet partykeer net goed van jou gemoed af kry!  My kamer woonstel is seker oraait, en darem is dit sentraal gelee naby aan alles. Ek sou heeltemal van my kop afgegaan het as hulle my in die middel van niks en nerens geplas het!

Nou moet ek terugkeer na voor my rekenaar sit en wag tot elf uur, want blykbaar het ek dan my eerste klas!  Its still all a bit confusing!!!

Advertisements

2 Responses to “Die bubbel het gebars!”

  1. kaalvoetinireen March 4, 2010 at 14:10 #

    Welkom in Korea! Bly om te sien ek was en is nie die enigste een wat sonder ‘n woonstel hier aangekom het nie, maar ek het darem ‘n bed gehad. Hoop dit gaan gou beter en dat jy goed insettle!

  2. boerinballingskap March 4, 2010 at 15:48 #

    😆 😆 😆
    Jy sal nog gewoond raak aan Korea en die plek nog baie lief kry, glo my!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: